(2 PORSIES)

30 MINUTE

  • 2 dy- en boudhoenderporsies
  • 100 ml braaimarinade
  • 3 aartappels, kwarte gesny
  • 30 ml olyfolie
  • 1 takkie roosmaryn, fyngekap
  • 2 takkies tiemie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas hoender in roosterpan en smeer marinade oor. Plaas aartappelkwarte in dieselfde pan en sprinkel olyfolie en gekapte kruie oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in warm oond en rooster vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.