Genoeg vir 4

80 ml olyfolie
sap en gerasperde skil van 3 suurlemoene
hand vol koljander
3 knoffelhuisies, gekap
4 hoenderborsies
sout en varsgemaalde
swartpeper
1 komkommer
150 ml hoemoes
100 ml kookwater
3 takkies dille, fyngekap

Plaas olyfolie, sap en skil van suurlemoene, koljander en knoffel in voedselverwerker. Verpulp tot glad. Smeer mengsel oor hoenderborsies en geur goed met sout en swartpeper. Verhit riffelpan tot warm en braai hoenderborsies 8 – 10 minute aan weerskante of tot goudbruin en gaar. Gebruik groenteskiller en sny komkommer in lang repe. Meng hoemoes en kookwater saam tot gladde sous. Sny gaar hoender is stukke. Plaas komkommerrepe en hoender in slaaibak. Skep hoemoessous oor en sprinkel dille oor. Sit voor.