(4 - 6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 15 ml origanum, gekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 600 g lamstjops
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g baba-aartappels, gekook tot gaar
  • 125 g basiliekruid-pesto
  • 1 kop langblaarslaai (cos lettuce)
  • 50 g parmesaan-krulle

Meng olyfolie, knoffel, origanum, sap en skil van suurlemoen. Gooi oor lamstjops. Verhit 'n mediumgroot braaipan tot warm en braai lamstjops sowat 5 - 8 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Geur goed met sout en swartpeper. Meng baba-aartappels met basiliekruid-pesto en geur goed. Sit warm tjops voor met pesto-aartappels, langblaarslaai en parmesaan-krulle.