(4 - 6 porsies)

  • 6 aartappels, geskil
  • 30 ml botter
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 8 skilpadjies
  • hand vol gekapte pietersielie

Kook aartappels in 'n kastrol met water tot sag en gaar. Druk fyn met 'n aartappeldrukker. Voeg botter en room by en meng goed. Geur met sout en peper. Verhit olyfolie tot warm in 'n braaipan. Voeg knoffel by en braai vir 2 minute. Voeg skilpadjies by en braai vir sowat 5 - 8 minute aan 'n kant of tot goudbruin en gaar. Voeg pietersielie by net voor gaar. Sit skilpadjies voor saam met gaar kapokaartappels.