4 porsies

• 800 g geelstert

• sap van 1 suurlemoen

• 30 ml olyfolie

• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

• 30 ml botter

Tamatie-en-olyf-salsa

• 200 g klein rosatamaties, in klein blokkies gesny

• 100 swart olywe, ontpit en in skywe gesny

• 30 ml kappertjiesaad, gekap

• 30 ml gekapte pietersielie

• 15 ml olyfolie

Sny vis in 4 porsies. Gooi suurlemoensap en olyfolie oor. Geur met sout en swartpeper. Smelt botter in 'n pan. Plaas vis met vel na onder in pan en braai vir sowat 4 minute aan elke kant. Meng al die bestanddele vir salsa en skep bo-op gebraaide vis.