(30 minute - 4 porsies)

  • 600 g ontbeende hoenderborsies (sonder vel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 eier
  • 150 g broodkrummels
  • 50 ml sonneblomolie

Verhit jou oond tot 200 °C. Sny die hoenderborsies in klein happie-groottes. Sit al die stukkies in ’n bak. Geur met sout en swartpeper. Klits die eier effens en gooi oor die hoenderstukkies. Maak seker die hoender is goed bedek met die eier. Gooi die broodkrummels in ’n plastieksak en gooi die sonneblomolie op ’n bakplaat. Sit so 5 of 6 stukkies hoender in die plastieksak met krummels. Skud goed sodat die hoender behoorlik bedek word. Plaas die stukkies op die bakplaat en herhaal tot al die hoender gekrummel is. Rooster vir so 10 minute aan elke kant. Sit voor saam met aartappelskyfies.