(4 - 6 porsies)

• 30 ml botter

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 400 g gerookte snoek, fyngevlok

• 4 takkies tiemie, fyngekap

• 50 ml koekmeel

• 2 eiers

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 100 g broodkrummels

• 30 ml olyfolie

• 200 ml mayonnaise van goeie gehalte

• slaaiblare van jou keuse

• 2 suurlemoene, in wiggies

Verhit botter in 'n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by en braai liggies vir sowat 5 minute of tot begin verkleur. Voeg by gevlokte snoek saam met tiemie, meel en 1 eier. Meng goed saam. Geur met sout en swartpeper. Vorm koekies van sowat 100 g elk. Klits ander eier in 'n plat bak. Doop koekies in eier en dan in broodkrummels. Verhit botter in 'n middelslag-pan tot warm. Braai koekies sowat 5 - 8 minute aan 'n kant of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor saam met mayonnaise, slaai en suurlemoen.