Carmen Botma, SARIE -bemarkingsbestuurder

Elke Maandag vries ek ’n klomp rou groente in porsies. Ek ontvries dit dan soos nodig en rooster dit in die oond vir gebruik in geregte soos sop of ’n vinnige groenteslaai.

genoeg vir 4

  • 4 rooi-uie, in kwarte gesny
  • 8 (400 g) murgpampoentjies, in ringe gesny
  • 1 x 500 g-sak pampoenblokkies
  • 4 knoffelhuisies
  • 3 takkies vars roosmaryn, fyngekap
  • 45 ml olyfolie
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 Franse brood vir voorsit

Verhit oond tot 200 °C. Plaas groente saam met knoffel en roosmaryn in ’n oondbraaibak. Oondbraai 20 minute of tot groente sag en gaar is. Verhit groot pot en gooi warm groente saam met olyfolie in pot. Roerbraai minuut of twee. Voeg aftreksel en room by. Geur goed met sout en peper. Laat kook tot vloeistof met verminder het. Verpulp met staafmenger tot glad. Skep in opdienbak en sit voor met brood.

Wenk: Pleks van die sop met brood voorsit, kan jy ekstra geroosterde groente bo-op skep. 

KYK OOK: Bobotie-frikkadelle

Lam-koftas

Groenboontjie-en-kekerertjiebredie

Koeskoes-slaai