4 porsies

• 45 ml olyfolie

• 1 ui, gekap

• 2 knoffelhuisies, gekap

• 250 g spek, grofgekap

• 250 g suurroom

• 45 ml vars kruie, gekap (roosmaryn, pietersielie en tiemie)

• 30 g parmesaankaas, gerasper

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 6 aartappels, gekook met skil aan tot gaar

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in 'n middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute of tot ui net begin verkleur. Voeg spek by en braai verder vir sowat 5 - 8 minute tot spek bros en gaar is. Haal van plaat af en voeg suurroom by. Meng goed. Voeg kruie en parmesaankaas by. Geur met sout en swartpeper. Sny kruis in gaar aartappels. Plaas op skoon bakplaat en verdeel roomkaasmengsel tussen aartappels. Bak vir 10 - 15 minute of tot goudbruin.

Wenk: Maak dit ook as bygereg as jy weer braai. Die gaste sal mal wees daaroor.