Genoeg vir 4

4 wiele fetakaas
80 ml koekmeel
2 eiers, geklits
250 ml broodkrummels
olie vir vlakbraai
4 tamaties, in skywe gesny
1 komkommer, in skywe gesny
1 pers ui, in skywe gesny
hand vol basiliekruid
sout en varsgemaalde swartpeper
balsemasyn-reduksie

Doop fetakaas in koekmeel, dan in geklitste eier en laastens in broodkrummels. Maak seker die kaas is oral bedek met krummels. Verhit olie vir vlakbraai in groot pan – die olie moet sowat 2 cm diep wees. Vlakbraai feta-wiele tot goudbruin en bros, sowat 3 minute. Dreineer op kombuispapier. Pak feta, tamaties, komkommer en ui in opdienbak. Sprinkel basiliekruid oor. Geur alles goed met sout en peper. Gooi balsemasyn-reduksie oor en sit voor met goeie brood.