Phyllis Green, SARIE-fotograaf en -boekeredakteur

Ek is mal oor kekerertjies, maar nie juis die geblikte soort nie. Ek week dit oornag, kook dit gaar en vries dit dan in porsies. Dis net so goed soos uit die blik, maar dit smaak beter.

genoeg vir 4

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml fyn koljander
  • 20 ml vinkelsaad
  • 12 ontbeende hoenderdytjies
  • 500 g groenboontjies, gesnipper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 400 g gaar kekerertjies (sien wenk)

Verhit olie tot warm in groot stoompot. Roerbraai ui, knoffel, koljander en vinkel ’n minuut of twee tot ui begin verbruin. Voeg hoender en groenboontjies by en braai nog 2-3 minute. Geur met sout en peper. Voeg res van bestanddele by en maak pot toe. Bring tot volstoom en stoom 20 minute. Laat stoom uit pot ontsnap en pas geurmiddels aan. Sit voor met rys.

Wenk: Bedek 400 g droë kekerertjies met koue water en week oornag. Plaas in skoon pot en bring tot kookpunt. Kook 20-25 minute of tot sag en gaar. Moenie sout by die water gooi waarin die ertjies kook nie, dit maak dit taai. Dreineer en gebruik kekerertjies in resep of vries in porsies. 

KYK OOK: Koeskoes-slaai

Bobotie-frikkadelle