Genoeg vir 4

30 ml olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

4 hoenderborsies (sowat 400g saam), ontvel en in stukke gesny

1 x 80 g-sakkie Thaisegroenkerriepasta

1 x 400 ml-blik klappermelk

1 groen brandrissie, gekap

120 g mangetout (sneeu-ertjies)

400 g sagtestingel-broccoli(tender stem)

hand vol vars koljander, gekap

sout en varsgemaalde swartpeper

jasmynrys vir voorsit

Verhit olyfolie in ’n pot en braai ui en knoffel tot goudbruin – so 5 minute. Voeg hoenderstukke by en braai nog 3–5 minute. Voeg kerriepasta by en
braai 3 minute. Gooi klappermelk by en verlaag die temperatuur. Laat so 10 minute stadig kook of tot geurige sous vorm. Roer brandrissie by. Sodra
die hoender gaar is, skakel die plaat af en voeg die mangetout en broccoli by. Maak pot toe en laat staan – die warm sous sal die groente gaarmaak,
maar steeds bros hou. Roer die koljander deur en geur goed met sout en swartpeper net voordat jy dit met jasmynrys voorsit.