(4 - 6 porsies)

• 30 ml botter

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies

• 45 ml kerriepoeier

• 5 ml komynsaad

• 2 kardemom-peule, oopgebreek en saad verwyder

• 1 x 400 g-blik gekapte tamaties

• 125 ml wate

• 30 ml olyfolie

• 1 eiervrug, in blokkies gesny

• 4 murgpampoentjies, in ringe gesny

• 6 vla-pampoentjies

• 1 x 250 g wit sampioene

• 1 blik lensies, gedreineer

• 250 ml rys, gekook tot gaar

• sout en varsgemaalde swartpeper

• hand vol vars koljander, gekap

• Bulgaarse jogurt vir voorsit

Verhit botter in 'n middelslagpan tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai vir 5 minute of tot dit begin verkleur. Voeg kerriepoeier, komyn en kardemomsade by. Braai vir nog 5 minute. Voeg tamaties en water by. Verlaag hitte en prut vir 5 - 8 minute. Verhit olyfolie in 'n braaipan tot warm. Voeg groente by en roerbraai vir 8 -10 minute. Meng lensies en rys met die groente. Geur goed met sout en swartpeper. Skep in oondvaste bak. Roer koljander by tamatiesous en gooi oor rys. Bak vir 10 - 15 minute of tot warm. Sit voor met jogurt.