Jou kinders sal mal wees oor hierdie vlerkies, en dis so vinnig en maklik!

genoeg vir 4

• 700 g hoendervlerkies

• 60 ml grondboontjiebotter

• 1 x 175 g-houer Bulgaarse jogurt

• 60 ml olyfolie

• sap van 1 suurlemoen

• 30 ml heuning

• hand vol gekapte basiliekruidblare

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 250 °C. Pak hoendervlerkies op ’n bakplaat. Meng grondboontjiebotter, jogurt, olyfolie, suurlemoensap, heuning en basiliekruid saam tot glad. Geur met sout en peper. Gooi sous oor hoender en vryf goed in. Laat marineer sowat 15 minute. Bak in oond vir 30 minute tot bruin van kleur en gaar. Sit voor met ’n groenslaai.

Hierdie is ’n lekker voorgereg vir jou uithang-spyskaart. Eet hiermee saam:

Hoofgereg: Oondgebakte risotto met preie en sampioene

Nagereg: Sjokoladesplinterkoekies