Genoeg vir 4

1 liter amandelmelk

4 lourierblare

2 uie, gekap

4 hoenderborsies, sonder vel

sout en varsgemaalde

swartpeper

100 g gepelde amandels

250 ml jogurt

60 ml olyfolie

45 ml korrelmosterd

2 takkies dille, fyngekap

150 g groenbone, in die lengte

gehalveer

150 g sneeu-ertjies

(mangetout), in repies gesny

1 klein komkommer, gesny

Bring melk, blare en uie tot kookpunt. Plaas hoender in pot en geur goed met sout en swartpeper. Bedek pot en posjeer hoender 15 minute tot sag en gaar. Verhit braaipan en rooster amandels 3 – 5 minute of tot goudbruin en bros. Geur neute met sout. Hou eenkant. 

Meng jogurt, olyfolie, mosterd en dille met draadklitser om gladde slaaisous te maak. Geur goed met sout en peper.

Maak só klaar Bring pot met water tot kookpunt en dompel groenbone vir 1 minuut in water. Laat afkoel en halveer in lengte. Vlok gaar hoenderborsies fyn. Meng hoender en oorblywende groente met bone. Geur goed. Skep slaaisous oor en sprinkel amandels oor. Sit voor.