6 porsies

25 minute

• 45 ml olyfolie

• 30 ml botter

• 3 groot uie, in ringe gesny

• 60 ml bruinsuiker

• 100 ml balsemasyn

• 500 g spaghetti

• 100 g ontpitte swart olywe

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 30 g parmesaan-kaas, gerasper

Verhit olyfolie en botter tot warm in 'n middelslag-pot. Voeg uie by en braai stadig tot begin verkleur, sowat 5 minute. Voeg bruinsuiker en asyn by. Verlaag hitte en laat stadig prut tot uie sag en konfytagtig voorkom. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Dreineer pasta en voeg by uie-mengsel. Voeg olywe by en meng goed deur. Geur met sout en swartpeper. Sit warm voor

met parmesaan.