(4 - 6 porsies)
• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 15 ml masala
• 30 ml kerriepoeier
• 500 g maalvleis
• 250 g gemengde groente
• 200 ml beesaftreksel
• 60 ml blatjang
• 30 ml appelkooskonfyt
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 ml olyfolie
• 6 roti's
Vir die sambal
• 2 tamaties in blokkies gesny
• 1 ui, grofgekap
• hand vol koljander, gekap
Verhit olyfolie in 'n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies vir sowat 5 minute. Voeg masala en kerrie by. Braai 2 minute. Voeg maalvleis by en roerbraai vir 10 - 12 minute of tot die vleis gaar is. Voeg groente, aftreksel, blatjang en konfyt by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir sowat 15 minute. Geur goed met sout en peper. Sambal Meng intussen bestanddele vir sambal en hou eenkant. Braai roti's volgens verpakkingsaanwysings in olyfolie en sit warm voor saam met maalvleis en sambal.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET