Genoeg vir 4

250 ml volgraan-koeskoes

250 ml warm hoenderaftreksel

300 g forel, in blokkies gesny

2 takkies dille

sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

sout en varsgemaalde swartpeper

30 ml olyfolie

3 groenappels

100 ml karringmelk

30 ml kanola-olie

30 ml korrelmosterd

30 g wilderoketblare

100 g sonneblomsade

Gooi aftreksel oor koeskoes en laat staan 5 minute. Plaas in voedselverwerker saam met forel, dille, sap en skil van suurlemoene. Verwerk by hoë spoed tot fyn klam mengsel. Geur met sout en peper. Skep balle van die mengsel met roomyslepel – dit sorg dat balle ewe groot is. Gebruik hande en druk netjies plat. Verhit olyfolie in braaipan en braai 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sny appels in papierdun skywe met mandolien. Maak slaaisous van melk, kanolaolie en mosterd. Geur met sout en peper.