(4 porsies)

Hoenderkebabs

  • 45 ml Worcestersous
  • 15 ml sojasous
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 20 ontbeende hoenderdye
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml olyfolie

Groente-koeskoes

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 200 g klein rosa-tamaties
  • 180 g dun groenbone
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g koeskoes
  • 30 ml botter
  • 250 ml kookwater

Skakel roosterelement van oond aan. Meng souse en knoffel. Gooi oor hoender. Geur met sout en swartpeper. Ryg hoender op 4 kebabstokkies - 5 stukke elk. Gooi olyfolie in bakplaat en plaas kebabs daarin. Rooster vir 15 minute. Draai om en rooster 10 minute aan ander kant.

Maak intussen koeskoes: Verhit olyfolie in 'n pan, voeg groente by en geur met sout en swartpeper. Braai tot tamaties bars en bone sag is. Plaas koeskoes en botter in 'n kastrol. Gooi kookwater oor en laat staan vir 2 minute. Geur met sout en swartpeper. Roer-skraap met 'n vurk tot los. Meng groente deur. Sit voor met kebabs bo-op.