genoeg vir 4

  • 400 g lam-pattie-vleis
  • 20 ml fyn koljander
  • hand vol vars koljander, gekap
  • 10 ml fyn komyn
  • 1 brandrissie, gekap
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 sosatiestokkies
  • 60 ml olyfolie
  • 80 g koeskoes
  • 125 ml warm hoenderaftreksel
  • 45 ml botter tzatziki vir voorsit 

Verhit oond tot 180 °C. Meng patties, koljander, komyn, brandrissie en eier. Geur met sout en swartpeper. Gebruik jou hande en vorm lepels vol van die maalvleis om die sosatiestokke se punte. Druk stewig vas. Verhit olyfolie in braaipan. Braai maalvleis-kebabs sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Plaas op bakplaat en bak verder in warm oond tot gaar – sowat 10 minute. Terwyl koftas bak, plaas koeskoes in ’n skoon glasbak en gooi warm aftreksel oor. Draai bak toe met kleefplastiek en laat staan 5 minute. Vlok koeskoes los met ’n vurk en roer botter deur tot gesmelt. Geur met sout en swartpeper. Sit warm voor met koftas en tzatziki. 

KYK OOK: Bobotie-frikkadelle met roomsous

Groenboontjie-en-kekerertjie-bredie

Koeskoes-slaai