4 – 6 porsies

20 minute

• 60 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, gekap

• 400 g kersietamaties

• 125 g pesto

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 500 g linguini-pasta

• 60 ml botter

• 5 snye brood, in growwe stukke gebreek

• 150 g sagte mozzarella-kaas

• hand vol vars basiliekruid

Verhit olyfolie in middelslagpan tot warm. Plaas ui en knoffel in pan en braai vir 3 – 5 minute. Voeg kersietamaties by en braai vir ’n verdere 3 – 5 minute of tot die tamaties begin bars. Voeg pesto by en meng goed. Verwyder van hitte en geur goed met sout en peper. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Verhit intussen botter in ’n braaipan. Voeg broodstukke by en braai vir sowat 3 minute tot goudbruin en bros. Dreineer pasta en meng by tamatiemengsel. Breek mozzarella en basiliekruid in growwe stukke en meng by. Skep pasta in opdienbak en sprinkel broodstukke oor.