genoeg vir 4

  • 400 g spaghetti
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 skywe ham, in blokkies gesny
  • 800 g kersietamaties, gehalveer
  • hand vol basiliekruid
  • 250 ml dubbeldik jogurt
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook pasta volgens aanwysings op pak. Verhit olyfolie in groot braaipan en roerbraai ui en knoffel 2 minute. Voeg ham en tamaties by en braai nog 5-8 minute of tot tamaties se sap loskom en ’n lekker sous vorm – druk met houtlepel op tamaties. Verwyder van hitte en voeg basiliekruid, jogurt en rissie by. Meng goed. Geur met sout en peper. Dreineer pasta en voeg by tamatiemengsel. Meng deur en sit voor.