(1 PORSIE)

20 MINUTE

  • 45 ml botter
  • ½ ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 hoenderborsie, in repies gesny
  • 250 g sampioene, gehalveer (gebruik ‘n mengsel van bruin en wit sampioene)
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 4 eiers
  • 50 ml melk

Verhit oond tot 200 °C en verhit botter in ’n pan. Voeg uie en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute. Voeg

hoender en sampioene by. Braai verder vir nog 8 – 10 minute of tot hoender gaar is. Roer pietersielie by.

Geur met sout en peper. Verhit olyfolie in skoon kleefwerende pan. Klits eiers en melk tot lig en skuimerig. Geur met sout en peper. Gooi in warm pan en braai vir 3 minute. Plaas in warm oond en bak verder tot gaar, sowat 5 minute. Skep vulsel op een kant van omelet en vou die ander helfte versigtig oor met ’n eierspaan. Sit voor met slaai van jou keuse.