Genoeg vir 4

24 klein ranktamaties

30 ml kanola-olie

2 knoffelhuisies, fyngekap

sout en varsgemaalde

swartpeper

hand vol kruie soos tiemie,

roosmaryn en origanum, gekap

1 x 400 g-sak

murgpampoentjie-noedels

60 ml witwyn-asyn

6 eiers

50 g parmesaankaas,

fyngerasper

100 g pekanneute, fyngekap

Verhit oond tot 180 °C. Pak tamaties in oondbraaibak. Sprinkel olie en knoffel oor. Geur goed met sout en peper. Sprinkel kruie oor. Rooster 15 minute in oond of tot tamaties oopbars. Plaas noedels in groot bak en gooi kookwater oor. Laat staan ’n minuut en dreineer. Hou eenkant. Bring pot met water tot kookpunt en gooi asyn in. Verlaag hitte tot water stadig prut. Breek eiers een-een in maatkoppie en gooi versigtig in kookwater. Posjeer 3 minute vir sagte eiers of langer as jy dit verkies.