(1 – 2 PORSIES)

30 MINUTE

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g pampoen, in blokkies gesny
  • 15 ml origanum
  • 300 ml hoenderaftreksel
  • 5 ml fyn kaneel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • brood om mee voor te sit

Verhit olyfolie in ’n mediumgroot pot. Voeg knoffel en pampoenblokkies by. Braai vir 5 – 8 minute. Voeg

origanum en aftreksel by. Verlaag hitte en laat stadig kook vir 10 – 15 minute of tot pampoen sag en

pap is. Voeg kaneel by en verwerk tot gladde mengsel in voedselverwerker. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met brood.