Genoeg vir 4

500 g boerewors

45 ml olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

20 ml heel komynsaad

6 tamaties, grofgekap

150 ml rooiwyn

sout en varsgemaalde swartpeper

45 ml botter

8 snye Franse brood

60 ml basiliekruid-pesto

400 g kersietamaties, gehalveer

Verwyder die vleis uit die wors se derm en vorm happiegrootte frikkadelle daarvan. Verhit braaipan tot warm en voeg olie by. Braai ui, knoffel en komyn tot geurig, 3–5 minute. Voeg tamaties en rooiwyn by en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper. Laat kook 10 minute. Pak frikkadelle in warm sous en laat prut 10–12 minute of tot gaar. Terwyl frikkadelle prut, verhit tweede braaipan tot warm en smelt botter in pan. Braai snye brood tot goudbruin en bros. Smeer met pesto. Verwyder frikkadelle van hitte en roer kersietamaties by sous. Sit frikkadelle voor met pesto-broodjies.