genoeg vir 4

  • 400 g gemengde kersietamaties, in kwarte gesy
  • hand vol koljander, fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 koppies oorskiet-rys
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 12 taco-skulpe

Verhit oond tot 180 °C. Verpulp helfte van tamaties saam met koljander, brandrissie, knoffel en ui. Druk deur ’n sif. Voeg by rys en oorblywende tamaties. Geur goed met sout en peper en meng. Verhit taco-skulpe volgens aanwysings op verpakking in warm oond. Skep rysmengsel in taco’s en sit voor.