(4 – 6 PORSIES)

30 MINUTE

  • 1 kg gerookte varkrib
  • 400 ml marinade
  • 20 ml gerookte paprika
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 mielies, skoongemaak
  • 60 ml botter

Verhit oond tot 220 °C. Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit. Plaas ribbetjie op bakplaat en gooi marinade oor. Sprinkel met gerookte paprika en geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en rooster vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Bring ’n pot met water tot kookpunt terwyl die ribbetjie bak. Sit mielies in kookwater en kook tot sag en gaar, sowat 5 – 8 minute. Dreineer. Sit ribbetjie voor met gaar mielies en sagte botter.

Wenk: Jy kan ook hoendervlerkies in dié marinade bak.