(4 - 6 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g spek, grofgekap
  • 15 ml elk origanum, tiemie en pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 eiers
  • 50 ml melk
  • 250 g ricottakaas

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in 'n groot kleefvrye pan van 30 cm tot warm. Voeg ui, knoffel en spek by. Braai vir 5 - 8 minute of tot spek gaar is. Voeg kruie by en braai nog 2 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Versprei mengsel eweredig in pan. Meng eiers en melk en gooi oor spekmengsel. Krummel ricotta bo-oor. Plaas in oond en bak vir 10 - 15 minute of tot eier gestol is. Maak los met slaplem-mes en keer versigtig uit. Sit warm voor met slaai van jou keuse.