Genoeg vir 4 – 6

1½ koppie (375 ml) rys
1½ koppie (375 ml) bruinrys
1 500 ml hoenderaftreksel
125 ml olyfolie
30 ml heuning
45 ml korrelmosterd
45 ml witwyn-asyn
hand vol vars koljander, gekap
6 wiele fetakaas, in blokkies gesny
2 grasuie, gekap
1 pers ui, gesny
400 g kersietamaties, gehalveer
125 g granaatpitte
sout en varsgemaalde swartpeper
60 ml botter
6 eiers

Kook twee soorte rys saam in aftreksel tot sag en gaar – so 15 – 20 minute. Meng olie, heuning, mosterd, asyn en koljander. Hou slaaisous eenkant. Plaas afgekoelde rys in groot mengbak en voeg fetakaas, grasuie, pers ui, tamaties en granaatpitte by. Gooi slaaisous oor en geur met sout en peper. Meng deur. Verhit botter tot warm in braaipan. Breek eiers in pan en braai 3 – 5 minute vir sagte eiers of so lank soos jy verkies. Skep eiers op rysslaai. Sit voor.