Genoeg vir 4

30 ml botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
400 g gerookte snoek, fyngevlok
200 g bruin sampioene, fyngekap
4 takkies tiemie, fyngekap
50 ml koekmeel
2 eiers
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g broodkrummels
30 ml olyfolie
200 ml mayonnaise van goeie gehalte
slaaiblare van jou keuse
2 suurlemoene, in wiggies gesny

Verhit botter in ’n middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by en braai sowat 5 minute liggies of tot dit begin verkleur. Voeg gevlokte snoek en sampioene by, saam met tiemie, meel en 1 eier. Meng goed. Geur met sout en swartpeper. Vorm koekies van sowat 100 g elk. Klits ander eier in ’n plat bak. Doop koekies in eier en dan in broodkrummels. Verhit olyfolie in ’n middelslagpan. Braai koekies sowat 5 – 8 minute aan ’n kant of tot goudbruin en gaar  Sit warm voor saam met mayonnaise, slaai en suurlemoen.