PATATS

  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml botter
  • 1 kg baba-patats, in dik skywe gesny

VISVINGERS

  • 30 ml olyfolie
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g oorskiet-snoek, gevlok en grate verwyder
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 40 ml goeiegehaltemayonnaise
  • 100 g vars broodkrummels
  • 1 eier
  • 60 ml meel
  • 1 eier, geklits
  • broodkrummels
  • 60 ml olyfolie
  • 130 g winkel-tartaarsous
  • suurlemoenwiggies vir voorsit

PATATS

Verhit oond tot 180 °C. Verhit 30 ml olyfolie en botter saam oor matige hitte in ’n diep oondvaste pan. Braai patatskywe sowat 5 minute aan weerskante tot goudbruin. Plaas pan in warm oond vir sowat 20 minute.

VISVINGERS

Verhit 30 ml olyfolie in ’n diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg snoek by en geur met sout en peper. Skep mengsel uit pan in ’n mengbak en voeg mayonnaise, broodkrummels en eier by. Meng goed deur. Skep mengsel in spuitsak en spuit lang vorms van sowat 4–6cm op meelbestrooide werkvlak. Rol vingers in meel, doop in eier en bedek met krummels. Plaas in yskas vir sowat 10 minute. Verhit ’n pan met 60 ml olyfolie en braai visvingers tot goudbruin aan weerskante. Sit voor met patats, winkel-tartaarsous en suurlemoenwiggies.