(4 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 400 g kersietamaties
  • 200 g swart olywe, ontpit en gekap
  • 400 g tuna, gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 500 g-pak spaghetti
  • 30 g parmesaanskaafsels
Verhit olyfolie in 'n mediumgroot pot. Plaas knoffel en ui in pot en braai liggies tot goudbruin. Voeg tamaties by en braai stadig vir sowat 5 - 8 minute of tot tamaties bars. Voeg olywe by en braai vir nog 5 minute, gevolg deur tuna. Braai liggies vir 2 minute of tot tuna warm is. Geur goed met sout en swartpeper. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Gooi by tunamengsel en meng goed. Sit warm voor met parmesaanskaafsels. Wenk: