(4 porsies)

  • 250 g spaghetti
  • halwe ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml kappertjiesaad
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer
  • 50 ml olyfolie
  • 8 ansjovis-filette
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook spaghetti volgens aanwysings op pak. Terwyl die pasta kook, meng res van bestanddele en geur met (min) sout en swartpeper. Dreineer pasta en meng als saam.