Genoeg vir 4

8 repe rugspek

8 snye ciabatta-brood

60 ml sagte botter

4 eiers

200 g gekoopte guacamole (avokado-smeer)

2 tamaties, in skywe gesny

sout en varsgemaalde swartpeper

hand vol vars kruie vir voorsit

Verhit braaipan tot warm en droogbraai spek tot goudbruin en bros, sowat 2 minute per kant. Hou eenkant. Gebruik ronde koekiedrukker van sowat 3 cm en druk gat in 4 van die snye brood. Smeer al die broodsnye aan weerskante met botter en verhit braaipan weer tot warm. Braai brood aan weerskante tot goudbruin en bros. Haal broodsnye sonder gat uit pan en hou eenkant. Breek eiers in gat van elke sny brood in die pan en bak eiers 6–8 minute of tot mediumgaar. Haal broodjies uit pan met eierspaan. Smeer guacamole op heel gebraaide broodsnye. Pak spekrepe bo-op, gevolg deur tamatie. Plaas broodjie met eier in bo-op en geur goed met sout en peper. Sit warm voor met vars kruie en avokado.