(4 - 6 porsies)

  • 8 snye brood van jou keuse
  • 60 ml sagte botter
  • 50 ml wit asyn
  • 8 eiers
  • 100 g babaspinasie
  • 30 ml olyfolie
  • 230 g roomkaas
  • 8 snye pancetta of ham
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Smeer brood weerskante met botter. Verhit 'n riffelpan tot vuurwarm - die rook moet letterlik daaruit trek. Braai brood sowat 3 minute per kant of tot goudbruin en bros. Hou eenkant. Bring 'n pot water tot kookpunt en gooi asyn by. Sit eiers een vir een in water met 'n gaatjieslepel. Laat kook sowat 6 minute vir sagte eiers of langer soos jy verkies. Braai spinasie vinnig in warm olyfolie vir 1 minuut. Smeer roomkaas na smaak op gebraaide brood. Verdeel pancetta tussen brood gevolg deur warm spinasie. Dop warm eiers af en halveer. Sit bo-op en geur goed met sout en swartpeper. Sit dadelik voor.