Genoeg vir 4

1 x 500 g-pak spaghetti
400 g gemengde kersietamaties, gehalveer
80 ml witwyn-asyn
2 hande vol basiliekruidblare, fyngekap
6 wiele fetakaas
125 ml basiliekruid-pesto
sout en varsgemaalde swartpeper
2 x 200 g-blikke tunastukke, gedreineer

Maak pasta gaar volgens aanwysings op pak. Meng tamaties, asyn, basiliekruid, feta en pesto saam. Geur goed met sout en peper. Dreineer pasta en voeg tamatiemengsel by. Gooi tuna by en en meng deur. Sit voor.