(6 porsies)

30 minute

  • 10 hoenderporsies
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 60 g tikka masala-pasta
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g baba-spinasie
  • 60 g kersietamaties

Verhit oond tot 200 °C. Gebruik 'n skerp mes en sny 3 diep snye in elke hoenderporsie - dit help dat die hoender gouer gaar word. Meng knoffel, tikka masala-pasta en olyfolie. Plaas hoender in oondvaste bak en gooi masala-mengsel oor. Bedek met tinfoelie en plaas in warm oond vir 20 - 25 minute. Verwyder foelie en laat hoender nog 5 minute rooster tot begin verbruin. Plaas

baba-spinasie op bord saam met kersietamaties. Sit warm hoenderstukke bo-op en skep pansous oor. Sit warm voor.