(4 - 6 porsies)

  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml fyn koljander
  • 25 ml gekapte origanum
  • 200 g spek, fyngekap
  • 400 g varkmaalvleis
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g blaardeeg
  • 1 x 400 g-bottel tamatieblatjang

Verhit oond tot 180 °C. Meng ui, knoffel, koljander, origanum en spek met maalvleis en geur met sout en peper. Druk maalvleismengsel in 'n worsvorm en sit in middel van deeg neer. Vou deeg oor vleis en plaas deegwors naatkant ondertoe op 'n bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei. Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sny in porsies en sit warm voor saam met tamatie-blatjang of 'n sous van jou keuse.