(4 porsies)

  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 45 ml botter
  • 180 g (250 ml) rou koeskoes
  • 30 ml olyfolie
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • handvol pietersielie, gekap
  • handvol kruisement, gekap
  • 1 ui, in dun skywe gesny
  • 300 g gaar winkelhoender, vleis van bene gevlok
  • 2 tamaties, in kwarte gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Bring hoenderaftreksel en botter tot kookpunt. Gooi oor koeskoes. Maak bak toe met kleefplastiek en laat staan vir 10 minute. Gebruik 'n vurk en roer koeskoes tot krummels los is. Meng olyfolie, suurlemoensap en -skil. Voeg kruie en ui by en meng goed. Voeg hoenderstukke en tamaties by gaar koeskoes en meng goed. Gooi kruie-olie oor en geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.