(6 porsies)

30 minute

• 45 ml olyfolie

• 1 ui, gekap

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 wortel, gerasper

• 1 brandrissie, gekap

• 500 g wors van jou keuse, maalvleis verwyder

• 5 ml vinkelsaad

• 10 ml origanum

• 60 ml balsemasyn

• 400 g-blik kersietamaties

• 500 g penne-pasta

• hand vol basiliekruid

• 30 g parmesaan-kaas, gerasper

Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg uie, knoffel, wortel en brandrissie by. Braai tot begin verkleur, sowat 3 minute. Voeg worsmaalvleis, vinkel en origanum by. Braai tot amper gaar, sowat 5 - 8 minute. Voeg balsemasyn en tamaties by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 10 minute terwyl jy die pasta volgens verpakkingsaanwysings kook. Dreineer pasta en voeg by gaar maalvleis-sous. Meng goed. Sit voor met basiliekruid en parmesaan.