Bederf jou en jou gesin met heerlike koue poedings uit die yskas. Klik op die soetding se naam vir die volle resep.


SJOKOLADEMOUSSE 

Maak seker jy gebruik sjokolade van baie goeie gehalte sonder ekstra suiker.

SUURLEMOENTERTJIES

Dis soos somer in die mond, dié heerlike tertjies. Maak dit sonder die klassieke meringuebolaag – dis gesonder.

MAASKAASTERT 

’n Lekker tert met min vet danksy die maaskaas.

SJOKOLADE-EN-BLOUBESSIEPOEDING

Bloubessies is propvol antioksidante en goeie vitamiene – dis nie verniet as ’n supervrug bekend nie.

VANIELJE-PANNA COTTA

Die een is so mooi dat jy dit nie wil eet  nie, maar as jy eers begin, gaan jy nie kan ophou nie.

PIENK SKUIMPOEDING 

Dié veerligte poeding kan jy ook vries om ’n kortpadroomys sonder ’n masjien te maak.

*Die koue soetgoedresepte is almal nou-en-dan-bederf-opsies, maar dit kán inpas by die diabetiese dagpatroon as jy by die aanbevole porsiegroottes hou –