• 700 g baba-aartappels
  • 250 g crème fraîche
  • 30 ml romerige mayonnaise
  • 30 ml melk
  • 3 takkies dille, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook aartappels met skil tot sag. Dreineer en laat afkoel. Halveer in lengte. Meng crème fraîche, mayonnaise, melk en dille saam. Gooi oor aartappels en meng versigtig deur. Geur met sout en peper.