(6 porsies)

  • 6 appels van jou keuse
  • sap van 1 suurlemoen
  • 400 g fetakaas, gekrummel
  • 200 g seldery, in skyfies gesny
  • 100 g okkerneute, grofgebreek
  • 50 ml olyfolie
  • 250 g crème fraîche
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • vars roket

Sny appels in baie dun skywe en sprinkel suurlemoensap oor. Pak lae van die appels en fetakaas. Strooi seldery en okkerneute oor. Meng olyfolie met crème fraîche en geur met sout en peper. Sit apart voor in 'n bakkie saam met slaai. Jy kan ook vars roket saam met die slaai voorsit.