Die smaak van aspersies en bokmelkkaas werk baie goed saam. Die granaatpitte gee die slaai 'n feestelike gevoel. Dis heerlik vars en hoef nie met 'n swaar slaaisous voorgesit te word nie.

  • 350 g aspersies
  • 40 g bronkors (watercress)
  • 350 g klein rosa-tamaties (of tamaties van jou keuse) – ek het groen rosatamaties gebruik
  • 200 g chevin-bokmelkkaas
  • 1 granaat se pitte
  • olyfolie om oor te sprinkel

Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Skakel af en gooi aspersies in. Laat staan sowat 5 minute. Haal uit en plaas aspersies in bak met yswater. Laat staan sowat 3 minute en dreineer. Rangskik bronkors op opdienbord. Plaas aspersies bo-op. Sny tamaties in ringe en rangskik bo-op saam met gesnyde bokmelkkaas. Sprinkel granaatpitte bo-op. Sprinkel mikrokruie en ’n klein biejtie olyfolie oor. Sit voor.