genoeg vir 6

  • 12 bete, geskil
  • 500 ml witasyn
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 500 ml water
  • 20 ml komynsaad
  • Slaai
  • 6 wiele feta
  • 1 x 60 g-sakkie wilderoketblare
  • 1 hand vol basiliekruid
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Gebruik ’n mandolien om die geskilde beet papierdun te sny. So nie, kan jy die heel beet  gaarkook in skoon water en dan grof rasper. Bring asyn, suiker, water en komyn tot kookpunt en gooi gesnyde beet by. Laat kook vir 5 – 10 minute of tot beet sag en gaar maar steeds ferm is. kep beet in skoon glasflesse en vul tot bo met vuurwarm asynmengsel. Seël met deksel en laat afkoel. Maak slaai so Breek feta in groot stukke en plaas saam met res van bestanddele in groot slaaibak. Dreineer beet en gooi twee of drie lepels van die sous oor die slaai en meng deur. Skep piekelbeet oor en meng weer deur. Geur goed met sout en peper. Sit voor.