Genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 10 minute

  • 250 g beesmaalvleis
  • hand vol gemengde vars
  • kruie – kruisement, koljander,
  • pietersielie – fyngekap
  • 5 ml komyn
  • 1 klein rooi-ui, fyngekap
  • 1 eiergeel
  • 15 ml mielieblom
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper
  • 400 g kekerertjies (chickpeas), gedreineer en afgespoel
  • 60 ml olyfolie en ekstra vir braai
  • sap en fyn gerasperde skil van
  • 1 suurlemoen
  • 4 knoffelhuisies
  • 5 ml paprika
  • 2 rou beet, gerasper
  • 2 baba-vinkels, in repe gesny
  • 2 wortels, in dun repies gesny
  • 100 g fetakaas, gekrummel
  • 30 ml rooiwyn-asyn
  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml suiker
  • paar blare vars kruisement, gekap
  • 4 groot pitas of 8 klein pitas, verhit volgens verpakking
  • 8 hout-sosatiestokkies

Plaas maalvleis in ’n mengbak. Voeg vars kruie, komyn, ui, eiergeel, mielieblom, sout en peper by. Meng goed. Vorm maalvleis rondom stokkies en laat rus in yskas tot benodig (jy kan net ronde balle ook vorm as jy nie stokkies wil gebruik nie). Maak nou die hoemoes: Plaas kekerertjies in ’n voedselverwerker, voeg 60 ml olyfolie, suurlemoensap en -skil, knoffel en paprika by. Verpulp tot fyn en geur met sout en peper. Maak nou die slaai: Sit beet, vinkels, wortels en fetakaas in ’n mengbak. Maak slaaisous van die asyn, olyfolie en suiker, gooi oor slaai en meng. Voeg kruisement by en geur. Verhit ’n pan met olyfolie. Braai maalvleis op stokkie oor matige hitte tot bruin en gaar. Sit voor met pitas, hoemoes en slaai.