Genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 20 minute

• 4 oorskiet-panini-broodjies, grofgebreek

• 1 takkie vars roosmaryn

• 75 ml olyfolie

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 250 g strepiespek, in blokkies gesny

• 100 g bloukaas, gekrummel

• 100 g dennepitte, gerooster

• 1 rooi-ui, gehalveer en in dun repe gesny

• hand vol basiliekruid, grofgebreek

Slaaisous

• 30 ml mosterd

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 30 ml olyfolie

• 30 ml rooiwyn-asyn

• 30 ml appelsap

• 30 ml heuning

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas grofgebreekte brood en roosmaryn op ’n bakplaat en sprinkel 60 ml van die olyfolie oor. Geur met sout en peper. Oondbraai sowat 20 minute tot bruin en bros. Verhit res van die olyfolie (15 ml) in ’n pan. Voeg spek by en braai tot bros. Skep spek uit en laat dreineer op kombuispapier. Hou eenkant tot benodig. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam en geur met sout en peper. Gooi slaaisous dadelik oor warm geroosterde brood en meng goed deur. Voeg gebraaide spek, bloukaas, dennepitte, rooi-ui en vars basiliekruid by. Sit dadelik voor.