(6 porsies)

  • 500 ml bevrore ertjies
  • 500 g kersietamaties, gehalveer
  • 1 blik (400 g) borlotti-bone, gedreineer
  • 1 blik (400 g) kekerertjies (chickpeas), gedreineer
  • 100 g groen olywe, ontpit      
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2 sprietuie, gesny
  • 150 ml olyfolie
  • 50 ml suurlemoensap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Dompel die ertjies in kookwater vir 2 minute. Moenie die ertjies kook nie. Dreineer en laat koud word. Meng al die bestanddele saam in ’n groot mengbak. Geur met sout en swartpeper. Laat staan minstens 30 minute voor jy dit voorsit.

Wenk

Jy kan gebraaide tjoppies saam met die slaai voorsit.