(4 porsies)

  • 4 groot aartappels, in baie dun skywe gesny met skil en al
  • 45 ml olyfolie
  • sout om die aartappelskyfies te geur
  • 250 g repiespek (streaky bacon)
  • 4 eiers
  • 4 handevol baba-spinasieblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 100 ml olyfolie
  • sowat 50 ml balsemasyn
  • 50 g pecorino-kaas, in dun skyfies gesny, om te garneer

Verhit jou oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier. Plaas die aartappelskyfies op die bakplaat en gooi die 45 ml olyfolie en ’n bietjie sout oor. Sorg dat die aartappels goed bedek is met die olie. Plaas in die oond en rooster vir 30 - 40 minute tot bros. Dreineer op kombuispapier. Plaas die spek op ’n bakplaat en rooster in die oond vir 10 minute tot bros. Kook die eiers vir drie minute - jy wil ’n medium-saggekookte eier hê. Rangskik die aartappels, spek en spinasieblare vir elke persoon in ’n vlak bak. Geur met sout en swartpeper. Breek die eier daaroor en sprinkel ’n bietjie olyfolie en balsemasyn oor. Garneer met pecorino-skyfies.

Om te drink:

Nederburg Rosé. Dié lewendige, ligte wyn met hope vrugtige aromas sal die spek aanvul.